Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie,

o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.

Psalm 71:18

ONS WONING PETRUSBURG

Ons Woning Sentrum vir Bejaardes is in Petrusburg, geleë op die N8 tussen Bloemfontein en Kimberley. Hier word inwoners met baie liefde en toewyding versorg.  Ons het geregistreerde verpleegkundiges aan diens en maak ook voorsiening vir perone met demensie of  Alzheimer's.

Hier is ’n sterk agri-gemeenskap en met die oop blou lug en grasbedekte vlaktes sal jy voorwaar rustigheid ervaar. Ons glo dat die mens geskep is na die beeld van God. Hy het die reg om waardig te lewe en te sterwe. Die bejaarde word nie bejeën as ‘n afgeleefde wese wie se lewensdoel uitgespeel is nie.

AKKOMMODASIE

Ons Woning het opsies van luukse woonstelle tot enkel kamers vir die gerief van ons inwoning.

Luukse een en twee slaapkamer woonstelle met middag ete ingesluit. Inwoners moet selfversorgend wees.

Geen mediese versorging in woonstelle, slegs met noodgevalle.

Enkel kamers in die sentrum met of eie badkamer of deel badkamer asook ‘n verswakte afdeling met 24 uur primêre mediese sorg.

Vir meer inligting of n kwotasie,

DIENSTE

Ons Woning Sentrum vir Bejaardes bied 'n verskeidenheid dienste wat inwoners kan geniet. Hier is 'n lys van sommige van die dienste wat aan inwoners gebied word.

Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste geld.

Dienste/Sekuriteit

  • Medikasie hantering aan inwoners in sentrum
  • Gebalanseerde etes drie maal per dag met koffie/tee tye
  • Wasgoed diens en skoonmaakdiens vir kamers in sentrum
  • Nuut opgegradeerde badkamers.
  • Verhitting in kamers.
  • CCTV kameras en noodknoppies.
  • Kragopwekker tydens “loadshedding" of kragonderbrekings.
  • Ander dienste

  • Haarkapper
  • Snoepwinkel
  • Biblioteek
    • efeninge onder toesig.
  • Aandgodsdiens en Bybelstudiegroep.
  • Brei, hekel en naaldwerk klub.
  • Verskeie bordspeletjies dae.
  • parallax background